On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek ná swanger vrou se dood gaan twee maande neem

───   16:20 Wed, 13 Sep 2023

Ondersoek ná swanger vrou se dood gaan twee maande neem | News Article
Refilwe Thamae allegedly committed suicide at the Kopanong Hospital. Photo: The Citizen

“Huilende babas het haar gemoedstoestand vererger en sy is later na ’n ander saal verskuif.”

Die Departement van Gesondheid in Gauteng gaan ’n interne ondersoek doen oor die veiligheid van pasiënte. Dit volg nadat ’n 26-jarige swanger vrou haar eie lewe by die Kopanong-distrikshospitaal in Vereeniging geneem het. Die ondersoek sal 60 dae neem om af te handel.

Refilwe Thamae was sewe maande swanger toe sy in die hospitaal opgeneem is. Motalatale Modida, hoof van kommunikasie van die Gautengse Departement van Gesondheid, het bevestig dat sy en haar ma op 8 September by die hospitaal aangekom het. Hy sê dit is onbekend wat die dokter se diagnose was, maar sy is onder verdowing in die kraamsaal opgeneem.

“Huilende babas het haar gemoedstoestand vererger en sy is later na ’n ander saal verskuif.” Personeel van die nagskof het haar dood in die badkamer gevind.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.