On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap kry ’n nuwe gesondheidshoof

───   KEKELETSO MOSEBETSI 08:40 Thu, 14 Sep 2023

Noord-Kaap kry ’n nuwe gesondheidshoof | News Article
Noord-Kaapse LUR, Maruping Lekwene, en die nuut-aangestelde waarnemende gesondheidshoof, Alastair Kantane. Photo: Facebook

"In ooreenstemming met art. 32 van die Staatsdienswet van 1994 is dr. Alastair Kantar aangestel."

Alastair Kantani, voormalige waarnemende uitvoerende hoof van die Robert Sobukwe-hospitaal in Kimberley, is as die waarnemende departementshoof vir gesondheid in die Noord-Kaap aangestel.

Hy vervang Dion Theys een van nege staatsamptenare wat deur die Valke gearresteer is vir tenderbedrog ter waarde van R16 miljoen. Die tender was glo vir persoonlike beskermende toerusting (PBT). 

Theys (56) en die hoof finansiële beampte, Mosimanegape Gaborone (54), het saam met die medebeskuldigdes in die Kimberley-distrikshof verskyn. Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het vroeër aan OFM Nuus gesê slegs sewe verdagtes is op borgtog vrygelaat, wat wissel van  R5 000 tot R50 000. Hul saak is tot 16 Oktober uitgestel is.

Maruping Lekwene, die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, het Kantani se aanstelling verwelkom.



"In ooreenstemming met art. 32 van die Staatsdienswet van 1994 is dr. Alastair Kantar aangestel as waarnemende hoof. Die voormalige hoof, Theys, is as 'n voorsorgmaatreël oorgeplaas as Mediese Direkteur in die Departement van Gesondheid."

Lekwene sê die besluit kom ná 'n reeks konsultasies met verskeie liggame, insluitend die kantoor van die Premier as deel van die verantwoordelikheid vir die beskerming van die beeld van die departement en ook die regte van die werknemers wat beskuldig word van bedrog en korrupsie. Die departement het ook vir Gaborone na die vakante pos van finansiële hoof in die Departement van Vervoerveiligheid en Skakeling geskuif.

Hy sê die departement sal ’n geskikte amptenaar identifiseer en aanstel as finansiële hoof. Die departement sal tugstappe instel teen ander amptenare wat van bedrog, korrupsie en geldwassery beskuldig word. Een van die amptenare het reeds afgetree.

 OFM Nuus











@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.