Central SA
Sewe mense in hegtenis geneem weens gesteelde ARV's─── 11:56 Thu, 14 Sep 2023
"Die polisie het op inligting gereageer en 'n voertuig in Welkom gestop. Tydens 'n deursoeking is twee houers met ARV-tablette gevind.”
Sewe mense is in Kroonstad in hegtenis geneem nadat hulle met gesteelde antiretrovirale tablette van R480 000 betrap is.
Christopher Singo, Valke-woordvoerder, sê hulle is reeds in Oktober 2020 betrap nadat polisie op inligting gereageer het. 'n Wenk is ontvang dat hulle van plan was om gesteelde ARV’s op Kroonstad te verkoop. Die saak is oorhandig aan die Valke se ondersoekspan in Welkom, wat tot gister se inhegtenisnemings gelei het.
Die sewe, tussen 34 tot 39 jaar oud, moet op 3 Oktober voorkom in Kroonstad se landdroshof op aanklagte van die besit van gesteelde goedere en sameswering om ’n misdaad te pleeg.
‘In die deursoeking is twee houers met ARV-tablette gevind’
“Die polisie het op inligting gereageer en ’n voertuig in Welkom gestop. In die deursoeking is twee houers met ARV-tablette gevind,” sê Singo. ”Hulle het beweer dat die houers aan die eienaar behoort wat in 'n gastehuis op Kroonstad gebly het.”
Die polisie het na Kroonstad gegaan en die verdagtes se kamers deursoek waar die 1 272 tablette is.
