On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Midvaal-veldtog ‘versprei liefde’ na minderbevoorregtes

───   TSHEHLA KOTELI 08:26 Wed, 20 Sep 2023

Midvaal-veldtog ‘versprei liefde’ na minderbevoorregtes | News Article
Residents of Savanna City with Midvaal Local Municipality's executive mayor Peter Teixeira. Photo: Supplied

"Ons glo daaraan om saam met belanghebbendes te werk om die lewe van die inwoners op te hef en te verbeter.”

Die DA het met die Spread the Love-veldtog in die Midvaal-munisipaliteit begin om minderbevoorregte gesinne te help. Burgemeester Peter Teixeira en raadslede het onlangs kospakkies in Savanna City oorhandig.

Burgemeester Peter Teixeira in Savanna City. Foto verskaf

Die munisipaliteit het in die vorige boekjaar die negende keer agtereenvolgens ’n skoon oudit ontvang. “As die inwoners van Midvaal nie die skoon oudit waarvan ons praat kan sien, inasem voel of aanraak nie, beteken dit niks vir my nie,” sê hy.

“As inwoners nie toegang tot gehalte-water, ononderbroke elektrisiteit of slaggatvrye paaie het nie, maak die skoon oudit nie saak nie.”

Tsakani Maluleke, ouditeur-generaal, sê die munisipaliteit se skoon oudit kan toegeskryf word aan openbare deelname. Die Spread the Love-veldtog sal maandeliks saam met sy vennote probeer om ’n verskil te maak in huishoudings deur kospakkies in al 15 wyke uit te deel.

Burgemeester Peter Teixeira spreek inwoners van Savanna City toe. Foto verskaf

“Die munisipaliteit is ’n deernisvolle en mensgesentreerde instelling,” sê die burgemeester. “Ons glo vas daaraan om saam met belanghebbendes te werk om die lewe van die inwoners op te hef en te verbeter.”  

OFM NUUS/Tshehla Koteli

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.