On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteiners vereer vir jare lange toewyding aan taal en kultuur

───   ELSABÉ DE JAGER 08:24 Fri, 22 Sep 2023

Bloemfonteiners vereer vir jare lange toewyding aan taal en kultuur | News Article
"Deur te lees, verstaan ons die mens wat leef, beter," sê Lategan. Foto verskaf

“Elke mens het stories nodig om te oorleef.”

Drie Bloemfonteiners het Donderdagaand (21/9) op ’n spoggeleentheid eerbewyse van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad (BAK) ontvang.

Leana Lategan sowel as Annelien Diedericks is vereer met ’n oorkonde vir hul besonderse bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur, veral vir jare lange bewaring van die Afrikaanse letterkunde.

Diederichs werk sedert 2015 as museumgeesteswetenskaplike by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN). Sy tree ook op as ’n geregistreerde toergids vir NALN en is deel van die provinsiale uitreikspan van die Vrystaatse Departement van Kuns en Kultuur.

Annelien ontsluit manuskripversamelings van skrywers soos P.G. du Plessis en Deon Meyer. Foto verskaf

Ná 41 jaar diens tree Lategan in 2020 af as hoofmuseumgeesteswetenskaplike by NALN. Sy is bekend vir die waardevolle verhoudings wat sy met die jare opgebou het met skrywers, drama- en musiekpersoonlikhede, uitgewers, navorsers en lesers.

Prof. Andries Raath ontvang ’n oorkonde vir sy jare lange bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur deur geskiedskrywing en in die regte. Tydens sy akademiese loopbaan publiseer hy meer as 250 artikels in Suid-Afrikaanse en internasionale akademiese vaktydskrifte oor temas in regsgeleerdheid, Anglo-Boereoorloggeskiedenis, die godsdienstige etos in pioniersamelewings en filosofie.

Uit Raath se pen verskyn meer as 32 boeke. Foto verskaf

Tydens die geleentheid het Lategan ook as gasspreker opgetree. In haar gesprek “Boeke: Begeleiers op ons pad” het sy die gaste teruggeneem op haar lewe waarin boeke sedert haar dae as kleuter ’n groot rol speel. Elke mens het stories nodig om te oorleef, sê sy. Woorde is ’n skans teen verwildering en eensaamheid. Deur te lees, verstaan ons die mens wat leef beter.

OFM Nuus/Elsabé de Jager

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.