On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Ashmund
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

InterCape-bus brand uit in Noordwes

───   10:25 Sat, 23 Sep 2023

InterCape-bus brand uit in Noordwes | News Article
Foto: twitter.com

Paramedici en brandweerpersoneel was vinnig op die toneel en sommige passasiers is onmiddellik vir ligte beserings behandel.

’n Bus wat aan Intercape-busdiens behoort, het Vrydag aan die brand geslaan en uitgebrand op die N12 tussen Klerksdorp en Wolmaransstad in Noordwes. Die bus was na bewering van Bloemfontein via Klerksdorp onderweg.

OFM Nuus het verneem dat die busbestuurder daarin geslaag het om van die pad af te trek voordat die vlamme die bus verswelg het. 

’n Polisiewoordvoerder in Noordwes, Afjee Botma, het die voorval bevestig en gesê die busmaatskappy se ondersoekspan het oorgeneem.

In hierdie stadium is die oorsaak van die brand nog onbekend. Die paramedici en brandweerpersoneel was vinnig op die toneel en sommige passasiers is onmiddellik vir ligte beserings behandel. Alle passasiers is deur paramedici geëvalueer.

OFM Nuus/Joba Matsheng

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.