On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-inwoners sal ure lank sonder water wees

───   LUCKY NKUYANE 10:41 Sat, 23 Sep 2023

Noordwes-inwoners sal ure lank sonder water wees  | News Article
Foto: Jacaranda FM

Die hele gebou is in 'n vervalle toestand ondanks herhaalde waarskuwings deur die VF Plus en gemeenskapslede dat die perseel onveilig geword het vir die publiek en werknemers.

Inwoners van die Potchefstroom-gebaseerde JB Marks Munisipaliteit in Noordwes is in kennis gestel van ’n moontlike 12 tot 13 uur lange wateronderbreking.

Die munisipaliteit het gesê inwoners van die Ventersdorp-omgewing sal ook geraak word deur beplande instandhouding van die Ventersdorp-padwaterpomp. Die instandhouding sal Sondag (24/9) vanaf 06:00 tot 18:00 geïmplementeer word.

Die munisipaliteit se woordvoerder, Jeanette Tshite, het aan OFM Nuus gesê vyf areas en alle uitbreidings in Ikageng sal deur hierdie instandhouding geraak word. Tshite het gesê die beplande instandhouding is om watertekorte te voorkom.

“Gebiede wat deur die beplande instandhoudingswerk geraak sal word, is:
* Dassierand;
* Weermagbasis/SANW;
* Promosa;
* Mohadin;
* Zakhele; en
* alle uitbreidings van Ikageng.

Ons raai almal wat in dié gebiede woon aan om genoeg water bymekaar te maak vir de duur van die instandhoudingswerk. Die geskeduleerde instandhouding word gedoen om die probleem van waterskaarsste aan te spreek,” het Tshite gesê.

OFM Nuus het voorheen berig oor instandhoudingswerk aan waterpompe regoor die munisipaliteit wat tot die frustrasie van inwoners gelei het.

Hierdie frustrasie het ook daartoe gelei dat inwoners gevra het dat die twee saamgesmelte, plaaslike munisipaliteite, Tlokwe en Ventersdorp, geskei word. Die Ventersdorp Plaaslike Munisipaliteit het in 2016 met die Tlokwe Plaaslike Munisipaliteit saamgesmelt om die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit te vorm.

Inwoners het ’n gebrek aan dienslewering, finansiële beperkings, bedrog en korrupsie as redes aangevoer waarom hulle wil hê die twee moet weer geskei word.

Tlokwe het na bewering die finansiële krisis van Ventersdorp geërf en dit blyk moeilik vir die munisipaliteit, vernoem na een van die ANC se vryheidsvegters JB Marks, om te floreer en beter basiese dienste aan die mense te lewer, soos deur plaaslike regering beoog.

Dikwels lei hierdie frustrasie tot gewelddadige betogings met inwoners wat die strate invaar om hul woede en ongelukkigheid te opper oor hoe dinge by die ANC-bestuurde munisipaliteit gedoen word.

Intussen het die Vryheidsfront Plus-raadslid Pieter Stein die sluiting van munisipale kantore in Ventersdorp gekritiseer. Hy het gesê dit is weens 'n gebrek aan instandhouding en wanbestuur.

“Hierdie kennisgewing volg ook nadat die munisipale raad reeds in Maart vanjaar R7 miljoen bewillig het vir die dringende herstel van die munisipale geboue in Ventersdorp.”

Sy verklaring kom nadat die departement van arbeid een van die munisipale geboue in Ventersdorp gesluit en dit onveilig verklaar het.
 
" 'n Kennisgewing in die verband is op die gebou aangebring. 'n Langdurige gebrek aan instandhouding het daartoe gelei dat die gebou se dak in só 'n mate verval het dat die plafonne weens waterskade begin inval het. Die hele gebou is in 'n vervalle toestand ondanks herhaalde waarskuwings deur die VF Plus en gemeenskapslede dat die perseel onveilig geword het vir die publiek en werknemers. Hierdie kennisgewing volg ook nadat die munisipale raad reeds in Maart vanjaar R7 miljoen bewillig het vir die dringende herstel van die munisipale geboue in Ventersdorp,” het hy gesê.

OFM Nuus/Lucky Nkuyane

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.