On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

‘Watertoevoer volledig herstel’

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:46 Tue, 26 Sep 2023

 ‘Watertoevoer volledig herstel’ | News Article
Onderhoudswerk word by die waterpompstasie gedoen. Foto verskaf

Watertoevoer na gebiede soos Dassierand, die SANW-basis, Promosa, Mohadin en Zakhele is onderbreek weens die geskeduleerde instandhouding.

Die JB Marks-munisipaliteit  in Noordwes het verskeie instandhoudingsprojekte gehad wat inwoners tot onlangs gefrustreer het. Watertoevoer is egter nou volledig herstel ná instandhoudingswerk die afgelope naweek by die waterpompstasie op die Ventersdorp-pad.

Die instandhouding is Maandag (26/9) afgehandel. Die munisipaliteit het Vrydag inwoners van alle uitbreidings by Ikageng gemaan om genoeg water vir hierdie tydperk op te gaar. Watertoevoer na gebiede soos Dassierand, die SANW-basis, Promosa, Mohadin en Zakhele is onderbreek weens die geskeduleerde instandhouding.


                             

Ou, stukkende pype is by die waterpompstasie verwyder.

Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, het vroeër aan OFM Nuus gesê geskeduleerde instandhouding word beplan om die waterprobleme op te los.

Sommige van die stukkende, ou pype en toerusting wat van die waterpompstasie op die Ventersdorp-pad opgetel is.

Die munisipaliteit se instandhoudingswerk het inwoners gefrustreer en daartoe gelei dat hulle gevra het – met verwysing na korrupsie, die gebrek aan dienslewering en bedrog – of die saamgesmelte Tlokwe en Ventersdorp Plaaslike Munisipaliteite geskei kan word.

Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit se kantoor is deur die Departement van Arbeid gesluit. 

Die Departement van Arbeid het onlangs een van die munisipale geboue in Ventersdorp gesluit nadat hulle dit onveilig verklaar het. Pieter Steyn, VF Plus-raadslid, sê die sluiting van die gebou is weens wanbestuur en gebrek aan instandhouding. Hy sê in Maart vanjaar het die munisipaliteit R7 miljoen bewillig vir die dringende herstel van die munisipale geboue in Ventersdorp.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.