On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteinse lewensredder soos vis in water tydens wêreldkompetisie

───   HEIDRÈ MALGAS 16:54 Thu, 28 Sep 2023

Bloemfonteinse lewensredder soos vis in water tydens wêreldkompetisie | News Article
Len-Douglas Mac Kay. Foto Facebook

“Ons moet 24 uur per jaar vrywilligerswerk doen om aan die kompetisies deel te neem, wat beteken ons is gekwalifiseerde lewensredders.”

Len-Douglas Mac Kay van Bloemfontein is deel van die Suid-Afrikaanse lewensreddingspan, wat derde gekom het in ’n internasionale kompetisie in Kanada. Al die Statebondlande neem aan dié lewensreddingskampioenskap deel – die Royal Lifesaving Society Commonwealth Lifesaving Championships wat van 13–17 September gehou is. 

Mac Kay het in sogenaamde stil water deelgeneem aan die “50m manikin carry with fins”, waartydens hulle in ’n gesimuleerde reddingspoging in ’n 50m-swembad ’n pop van 75 kg van die bodem af red. 

Verskillende waterbronne en -toestande vereis ook verskillende lewensreddingsvaardighede. Hy sê met die branderplanke kyk hulle wie die vinnigste in en uit die see kan gaan en wie die omstandighede die beste kan bepaal.

Len-Douglas Mac Kay is deel van die Suid-Afrikaanse lewensreddingspan. Foto: Morgan Piek

“Ons moet 24 uur per jaar vrywilligerswerk doen om aan die kompetisies deel te neem, wat beteken ons is gekwalifiseerde lewensredders,” sê hy.

In 2017 was hy eerste op die toneel van 'n bootongeluk by Maselspoort en in 2021 het hy twee mense by Umhlanga gered wat in die see in die moeilikheid beland het. 

Mac Kay het drie medaljes in die kompetisie in Kanada gewen. 

Len het drie medaljes gewen– hy het tweede gekom in die 200m-hindernisaflos saam met sy spanmaats Aiden Borman, Antonie Pieterse en Robbie le Roux, en derde in die 100m “manikin carry with fins”-item en die 200m-superlewensredder-item.

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.