On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Nuus Pas In: Verkoolde liggaam in Potch-gebou gevind

───   KEKELETSO MOSEBETSI 08:54 Fri, 29 Sep 2023

Nuus Pas In: Verkoolde liggaam in Potch-gebou gevind | News Article
'n Brand het in dié gebou in Potchefstroom uitgebreek. Foto verskaf

“ ’n Ongeïdentifiseerde, verkoolde liggaam is toe in die puin gevind.”

’n Verkoolde liggaam is Donderdag (28/9) in ’n gebou in Potchefstroom, Noordwes, gevind nadat dit deur ’n brand verwoes is.

Omstanders kyk magteloos toe hoe ander die vlamme probeer blus. Foto verskaf

Volgens Jeanette Tshite, JB Marks se munisipale woordvoerder, het die brandbestryders teruggekeer na die toneel agter die Kings Hotel om die soektog af te handel. ’n Dubbelverdiepinggebou met drie ondernemings en 'n woonstel is deur ’n brand vernietig. ’n Ongeïdentifiseerde, verkoolde liggaam is toe in die puin gevind.

OFM-nuus het vroeër berig die brand het Woensdag (27/9) die gebou beskadig. Dit het bestaan uit drie klere-ondernemings op die grondvloer en ’n woonstel op die boonste verdieping. Tshite het gesê die ondersoek was nog aan die gang toe die liggaam Donderdag gevind is.

Die polisie-ondersoek ná ’n brand in Potchefstroom is nog aan die gang. Foto verskaf

Die munisipaliteit het intussen die toneel aan die SAPD se forensiese eenheid oorhandig.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.