On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kuruman-moordenaar tot 15 jaar tronkstraf gevonnis

───   HEIDRÈ MALGAS 14:43 Fri, 29 Sep 2023

Kuruman-moordenaar tot 15 jaar tronkstraf gevonnis | News Article

“Dit blyk dat die motief vir die moord verband hou met geld wat die oorledene vir die beskuldigde geskuld het.”

Moeketsi Nkoane (27) is 15 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op Onewang Edwin Booysen.

Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder, sê hy is Woensdag (27/9) in die streekhof in Kuruman gevonnis.  Nkoane het in Januarie 2022 vir Booysen met ’n mes in Loopeng buite Kuruman doodgesteek. .

“Dit blyk dat die motief vir die moord verband hou met geld wat die oorledene vir die beskuldigde geskuld het,” sê hy.

Die ondersoekbeampte, Khumoetsile Setlhauno. Foto verskaf

Khumoetsile Setlhauno, die ondersoekbeampte, is deur genl.maj. Johnny Besnaar, kommissaris van die John Taolo Gaetsewe-distrik, geloof vir sy deeglike ondersoek. .

Besnaar het ook die Nasionale Vervolgingsgesag en die Departement van Justisie en Binnelandse Sake bedank vir hul werk.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.