On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Munisipaliteit begin padvennootskap met Noord-Kaapse ondernemings

───   ZENANDE MPAME 15:32 Fri, 29 Sep 2023

Munisipaliteit begin padvennootskap met Noord-Kaapse ondernemings | News Article
Padherstelwerk is gedoen. Foto verskaf

“Die Sol Plaatje-munisipaliteit is verantwoordelik vir die instandhouding van geplaveide paaie in die munisipale distrik.”

Op grond van ’n prestasiebestuurverslag word R1,3 miljard benodig om die distrik se geplaveide paaie op te gradeer. Geld wat die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit nie het nie. 

Om die lewensduur van sy padnetwerk te verleng, het die munisipaliteit 'n vennootskap met die openbare en private sektor aangegaan.

Herseël van paaie in die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit. Foto verskaf

“Aangesien die munisipaliteit nie die hulpbronne het om die paaie in stand te hou nie, het hy vennootskappe aangegaan om die instandhouding van die paaie te doen,” sê Thoko Riet, munisipale woordvoerder. 

In ’n poging om padinstandhouding in gebiede naby hul mynaktiwiteite te doen het Ekapa Mining  met ’n projek van R6,5 miljoen begin.

Twee ondernemings het hul dienste aangebied en met die herstelwerk begin. Foto verskaf

Die Kimberley4Kimberley-inisiatief het ook gehelp om die munisipaliteit by te staan en die munisipaliteit het materiaal verskaf, asook gratis arbeid en masjinerie.  In verskeie wyke het die interne paaie-instandhoudingspan duisende vierkante meter slaggate gelap en paaie in voorheen benadeelde gebiede gebou.

Opgradeerde, geplaveide paaie in die distrik. Foto verskaf

Riet sê die beste benadering om resultate te kry en Kimberley tot sy volle glorie te herstel is deur vennootskappe.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.