On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Datum vasgestel vir mosie van wantroue teen DA-burgemeester in Sasolburg

───   ZENANDE MPAME 10:24 Sun, 01 Oct 2023

Datum vasgestel vir mosie van wantroue teen DA-burgemeester in Sasolburg | News Article

“Die EFF vra ’n verantwoordbare en deursigtige regering wat altyd die belange van die inwoners eerste sal stel.”

’n Datum is eindelik vasgestel om ’n wantrouemosie in Jeff Zwane, die DA-burgemeester van Metsimaholo ter tafel te lê, naamlik Vrydag (6/10) om 12:00.

Die EFF het verlede maand die mosie teen die DA-burgemeester ingedien.

Die mosie deur die EFF kom nadat in 'n forensiese verslag deur Molefi Ntleru Inc. Prokureurs beweer is dat die munisipale bestuurder en hoof- finansiële beampte betrokke was by korrupsie rakende 'n sekuriteitstender van R2 miljoen.
 
April Motaung, die EFF in Fezile Dabi se streeksvoorsitter, sal Vrydag die mosie lei. Hy beweer die burgemeester het daarin gefaal om toe te sien dat die munisipaliteit sy rekenpligtigheid nakom en verbeter.

Helen Zille, voorsitter van die DA se federale r raad, het in Augustus 'n betoging buite raadskantoor op Sasolburg gelei ter verdediging van hul partylid en burgemeester.

OFM Nuus het vroeër berig Zwane is deur 'n mosie van wantroue uitgedryf, maar hy is later heringestel toe die hof beslis het dat 'n sitting wat gehou is om hom te ontsetel, ongeldig en onwettig was.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.