On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley-tiener wen derde plek in internasionale kompetisie

───   TSHEHLA KOTELI 10:29 Mon, 02 Oct 2023

Kimberley-tiener wen derde plek in internasionale kompetisie | News Article
Die 15-jarige Unamandla Vilakazi is die naweek as ’n naaswenner by Miss Teen Mundial 2023 op ’n Karibiese eiland gekroon. Foto: Facebook

Sy is ’n groot voorstander van onderwys, en haar doelwit was om die belangrikheid en beskikbaarheid van gehalte-onderwys aan ’n wyer gehoor te bevorder deur middel van haar titel.

Die 15-jarige Noord-Kapenaar Unamandla Vilakazi, wat Suid-Afrika verteenwoordig, is die naweek as naaswenner in die Miss Teen Mundial 2023-kompetisie op ’n Karibiese eiland gekroon.

Die boorling van Kimberley is Saterdag (30/9) in Curaçao met ’n derde plek bekroon. Sy sê sy voel nederig om haar land op ’n internasionale platform te verteenwoordig. Voor die begin van die sesdaagse kompetisie het sy gesê sy sou haar bes doen om die land te verteenwoordig.

Die Miss Teen Mundial 2023 het Sondag (24/9) begin en tot Saterdag (30/9) geduur. Foto: Facebook

Nadat Vilakazi in Maart vanjaar die gesogte Miss Teen Mundial South Africa-kroon tydens die Miss Teen Universe South Africa nasionale kompetisie in Durban verower het, het sy die land op internasionale vlak gaan verteenwoordig. 

Die 18-jarige Giulia Zanoni van El Salvador is as Miss Teen Mundial 2023 gekroon. Foto: Facebook

Vanjaar se kompetisie was die negende van die Miss Teen Mundial-kompetisie, met ’n totaal van 25 deelnemers wat aan die kompetisie deelgeneem het. Vilakazi is ’n groot voorstander van onderwys en haar doelwit was om die belangrikheid en beskikbaarheid van gehalte-onderwys aan ’n wyer gehoor te bevorder deur middel van haar titel.

Unamandla Vilakazi, ’n tiener van Kimberley, het ’n derde plek gewen in ’n internasionale kompetisie.

Sy het ’n organisasie gestig, “Unamandla Isagoentle: bevordering van ’n positiewe ingesteldheid vir 'n blinker toekoms”. Dit bioed haar ’n platform om die belangrikheid van onderwys te bevoder deur nie net haar eweknieë nie, maar ook soveel mense moontlik te bereik.

OFM Nuus/Tshehla Koteli

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.