On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Twee mans doodgeskiet by substasie in Sebokeng Village

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:38 Mon, 02 Oct 2023

Twee mans doodgeskiet by substasie in Sebokeng Village | News Article
Mangaung SAPS' roadblock during Operation Shanela. Photo: Kekeletso Mosebetsi

Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê skote is afgevuur en die veiligheidswag het sy kollega dood aangetref.

'n Veiligheidswag en nog ’n man is geskiet ná 'n gewapende rooftog by 'n substasie naby Motaweg by die Sebokeng Village.

Twee veiligheidswagte is Vrydag (29/9) omstreeks 20:00 deur gewapende mans aangeval. ’n Verdagte het een van die veiligheidswagte deursoek en sy selfoon gevat terwyl die res na die ander veiligheidswag gegaan het. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê skote is afgevuur en die beroofde veiligheidswag het gehardloop na sy kollega en hom en nog ’n man dood op die grond aangetref.

Albei is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Mophiring vra enigeen met meer inligting om 082-972-8678 te bel of hul naaste polisiekantoor te kontak.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.