On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

DA in Vrystaat maak gereed vir 2024-verkiesing

───   ZENANDE MPAME 13:21 Tue, 03 Oct 2023

DA in Vrystaat maak gereed vir 2024-verkiesing | News Article
DA leader and party members at the erection of the posters. Picture: Supplied

“Registreer en stem sodat ons saam die Vrystaat kan red.”

Die DA het Maandag (2/10) die party se eerste registrasie- en verkiesingsplakkate in Barnesstraat opgerig waar die party se kantoor geleë is.

“Daar is hoop vir die Vrystaat as elke enkele kieser agter die DA staan, wat ’n goeie rekord van goeie dienslewering het,” sê Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier. Hy was omring deur DA-lede toe hy die eerste plakkaat voor die kantoor opgesit het.

Jankielsohn sê die ANC in die Vrystaat is verdeeld en met Ace Magashule se nuwe party is hulle ver onder 50%.

Roy Jankielsohn het Maandag die DA se eerste plakkaat vir die 2024-verkiesing opgesit. Foto verskaf 

“Die Vrystaat is ’n sentrale provinsie wat dien as Suid-Afrika se kosmandjie, ’n gewilde toeristebestemming en die tuiste van ’n magdom hulpbronne.”

Die party beoog om hierdie hulpbronne te gebruik om die provinsie te omskep in ’n sentrum vir ekonomiese groei wat werk skep.

“Registreer en stem sodat ons saam die Vrystaat kan red,” sê Jankielsohn.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.