Central SA
Kimberley-skoonheid wil met titel onderwys bevorder─── TSHEHLA KOTELI 12:23 Wed, 04 Oct 2023

“Ek is baie passievol oor onderwys, so elke kans wat ek kry, sal ek die belangrikheid daarvan bevorder. Ek kyk ook na vennootskappe met ander mense om onderwys te bevorder.”
Unamandla Vilakazi (15) het op die lughawe in Kimberley geland nadat sy derde gekom het in die Miss Teen Mundial 2023-kompetisie.
Dit is van 24 tot 30 September op die Karibiese eiland Curaçao gehou en 25 lande het deelgeneem. “Ek is baie trots op myself as in ag geneem word hoe sterk die kompetisie was,” sê Vilakazi. Sy wil die titel gebruik om meer mense te bereik deur haar organisasie, Unamandla Isagoentle: Promoting a positive mindset for a brighter future. Haar doelwit is om onderwys te bevorder.
Sy sê sy het baie geleer in Curaçao toe hulle die parlement besoek en met die president kon praat. Sy was veral beïndruk met die vriendelike inwoners. “Ek is baie passievol oor onderwys, so elke kans wat ek kry, sal ek die belangrikheid daarvan bevorder. Ek kyk ook na vennootskappe met ander mense om onderwys te bevorder.”
Unamandla Vilakazi (15). Foto: Facebook
Vilakazi het in Maart die Miss Teen Mundial South Africa-kroon in die Miss Teen Universe South Africa se nasionale kompetisie in Durban gewen.