On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

’n Borskanker-oorwinnaar se reis: Vrou deel verhaal van krag, ondersteuning

───   HEIDRÈ MALGAS 16:29 Wed, 04 Oct 2023

 ’n Borskanker-oorwinnaar se reis: Vrou deel verhaal van krag, ondersteuning | News Article
Edith Kock. Foto verskaf

“Ek sê altyd vir almal ek het altwee my borste verloor maar nooit my glimlag.”

Edith Kock, 'n kankeroorwinnaar van Bloemfontein, wie se kanker in 2023 teruggekeer het, moes ’n dubbele mastektomie ondergaan. Sy het met OFM Nuus gepraat oor haar reis en genoem dat sy selfondersoek gedoen het omdat sy 'n verandering in haar linkerbors gevoel het.

"My emosies was in ’n warboel. Hoewel kanker sterk in ons familie aan my ma se kant is, bid mens nog steeds dat jy as individu gespaar sal bly, so wanneer die diagnose eers gegee word, dring die werklikheid deur met 'n golf van emosies en trane wat vloei," sê Kock.

Kanker is weer in 2023 by Edith Kock van Bloemfontein gediagnoseer. Foto verskaf

Sy is na 'n chirurg en onkoloog verwys en die chirurg het verduidelik dat hulle slegs die knop sal verwyder waar sy alleenlik bestraling sal ontvang en nie chemoterapie nie.

"Ná die operasie het die chirurge kom sê die operasie was 'n sukses, maar hulle moes ongelukkig al die limfkliere onder die linkerarm verwyder omdat dit alles geaffekteer was. Hulle het toe vir my verduidelik dat ek ongelukkig chemoterapie en bestraling sal moet ondergaan.” 

Sy sê hoewel die onkoloog haar gewaarsku het oor die newe-effekte van chemoterapie, het sy steeds baie vrae. 

"Met soveel ondersteuning van my familie en vriende was die pad 'n bietjie makliker om te stap. 'Reik na Herstel' het my ook baie gehelp, omdat die groep mense dieselfde taal praat.” 

Edith Kock. Foto verskaf

"Ek is 'n baie positiewe persoon en ek het besef dat ’n positiewe uitkyk baie belangrik is in dié stryd, maar my man en kinders was my grootste aanmoedigers." 

Sy sê wanneer sy terugkyk op haar reis as 'n borskanker-oorwinnaar, is haar woorde aan elkeen wat teen die siekte veg: "Omring jouself met positiewe mense in jou lewe. Behou die positiewe en sluit by 'n groep soos Reik na Herstel/Reach for Recovery aan. Dit is mense wat almal dieselfde taal praat."

“Ek sê altyd vir almal ek het altwee my borste verloor maar nooit my glimlag.”

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.