On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Seun (15) agter tralies nadat hy sy minderjarige susters verkrag

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:12 Thu, 05 Oct 2023

Seun (15) agter tralies nadat hy sy minderjarige susters verkrag | News Article

"Daar is ook ontdek dat hy hulle gedreig het as hulle weier om sy opdragte na te kom."

’n Bloemfonteinse seun (15) sal tien jaar tronk toe gaan nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy twee susters wat agt en tien jaar oud is. 

Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê hy het sy susters verskeie kere van Desember 2018 tot Junie 2020 verkrag.  Daar is ook ontdek dat hy hulle gedreig het as hulle weier om sy opdragte na te kom.

Kareli sê albei sy slagoffers, wat by hul ouma in JB Mafora, Bloemfontein, gewoon het, het die voorval in Junie 2020 by haar aangemeld en die verdagte is in hegtenis geneem.

“Ondersoeke gelei deur sers. Tiisetso Lentsa van die Mangaung-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, tesame met die polisie se forensiese maatskaplike werkers, het die nodige bewyse en verklarings van die slagoffers bekom.”

Die tienerseun word ná sy skuldigbevinding by 'n jeugsentrum aangehou ná sy skuldigbevinding.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.