On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Bedrogsake in Noordwes neem toe

───   DANE BEISHEIM 11:51 Thu, 05 Oct 2023

Bedrogsake in Noordwes neem toe  | News Article
Tipes bedrog wat gepleeg word, sluit kaartkloning en aanlynbedrog in.

“Gegewe die naderende feestyd is dit noodsaaklik dat die publiek versigtig moet wees en hulself, asook hul eiendom beskerm.”

Die polisie in Noordwes het die publiek gewaarsku teen toenemende bedrogsake in verskeie dele van die provinsie. Dit sluit in kaartkloning en aanlyn bedrog.

Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê gegewe die naderende feestyd – wat gekenmerk word deur ’n toename in misdaad – is dit noodsaaklik dat die publiek versigtig moet wees en hulself, asook as hul eiendom moet beskerm.

Huidige brandpunte sluit in Rustenburg, Wolmaransstad, Jouberton, Klerksdorp, Hartbeespoortdam en Brits.

Mokgwabone se wenke vir die publiek om hulself te beveilig:

  • Indien jy jou identiteitsdokument verloor het, moet jy dit by jou naaste polisiekantoor aanmeld.
  • Vermy geïsoleerde kitsbanke laat in die nag.
  • Moet nooit hulp van vreemdelinge aanvaar wanneer jy ’n kitsbank gebruik nie.
  • Vermy die deel van intieme foto's met vreemdelinge op sosiale media, aangesien dit tot afpersing en kuberafknouery kan lei.

OFM Nuus/Dane Beisheim

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.