On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein ‘bowling for boobies’ ’n reusesukses

───   HEIDRÈ MALGAS 15:47 Fri, 06 Oct 2023

Bloemfontein ‘bowling for boobies’ ’n reusesukses | News Article
Geniet 'n prettige aand vir ’n goeie doel saam met die OFM-span.

“Ons wil gemeenskappe inlig oor borskanker en hoe vroeë opsporing lewens kan red.”

OFM se heel eerste #PinkTober-veldtog, “Bowling for boobies” was ‘n reusesukses met die span wat R80 000 ingesamel het.

Bianca Smit, handelsnaambestuurder, sê die aand was ‘n groot sukses. “Ons het nie ’n wenner gehad nie. Die spanne het net vir die lekker gespeel maar die samehorigheidsgevoel was goed,” sê Smit.

Sy sê hulle het R80 000 ingesamel tydens die Bloemfontein “Bowling 4 Boobies”.

Die spanne het net vir die lekker gespeel.

Sy glo dat hierdie 'n kragtige inisiatief sal wees: “ ‘PinkTober’ en ‘Bowling for Boobies’ streef daarna om bewustheid te skep en ondersteuning te bied. Ons wil gemeenskappe inlig oor borskanker en hoe vroeë opsporing lewens kan red. Ons nooi almal in Sentraal-Suid-Afrika uit om betrokke te raak by ons projekte en jou deel te doen in die stryd teen kanker.”

Die volgende “Bowling for Boobies”:

  • 12 Oktober – Welkom
  • 19 Oktober – Klerksdorp
  • 27 Oktober – Hartswater

Die “Bowling for Boobies”-aande sal om 17:00 begin en tot 21:00 duur. Etes, lekkernye en musiek sal verskaf word, asook beperkte-voorraad pienk #bakkiearm en CANSA-sokkies. Daar sal ook baie pryse wees, so verseker dat jy dit nie misloop nie! Kom geniet 'n prettige aand vir ’n goeie doel saam met die OFM-span.

Vir foto's, besoek: https://www.ofm.co.za/gallery/6205/ofm-pinktober-bowling4boobies/2

Besoek OFM se webtuiste by ofm.co.za, of ons gratis toepassing vir volledige inligting oor hoe, waar en wanneer om deel te neem aan OFM se PinkTober-borskankerbewustheidsveldtog.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.