Central SA
Publiek se hulp gevra om vermiste man van Virginia op te spoor─── 08:55 Sun, 08 Oct 2023
“Hy het sy huis verlaat en is daarna nie weer gesien nie.”
Die Vrystaatse polisie vra die publiek se hulp om Khayalethu Tshembese (44) op te spoor. Hy is laas gesien op 14 April in Merriespruit, Virginia, en word sedertdien vermis.
Polisiewoordvoerder Lorraine Earle sê Khayalethu het sy huis verlaat en is daarna nie weer gesien nie.

Khayalethu Tshembese (44). Foto: Facebook
"Die polisie is in kennis gestel en ’n saak van ’n vermiste persoon word ondersoek," sê sy.
Khayalethu het tydens sy verdwyning ‘n khaki broek, khaki T-hemp en wit Fila-tekkies gedra. Hy het 'n donker velkleur, is medium gebou, kort van lengte en het 'n kaalkop.
As iemand enige inligting het wat kan help om Khayalethu met sy familie te herenig, kontak asseblief speurkonst. Khaya Matinise van Virginia se speurtak by 076 802 1291.
As alternatief kan jy inligting deel deur die Misdaadstop-nommer 08600 10111 te bel of via die MySAPS App.
