On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein-ma in arres ná sy baba in motor voor kroeg los

───   15:34 Tue, 10 Oct 2023

Bloemfontein-ma in arres ná sy baba in motor voor kroeg los | News Article

“Na bewering het die man haar baba alleen in die voertuig gelos terwyl sy in die kroeg sit en drink het.”

’n Vrou (36) is in hegtenis geneem vir kinderverwaarlosing nadat sy haar tien maande oue babaseun alleen in ’n motor buite 'n kroeg in Wilgehof, Bloemfontein, gelos het.

Lorraine Earle, polisiewoordvoerder, sê na bewering het die ma Donderdag (5/10) om 21:45 haar baba alleen in die voertuig gelos terwyl sy in die kroeg sit en drink het. 

“Sy is in hegtenis geneem en die owerheid het die kind in ’n plek van veiligheid geplaas.” 

Die vrou het in die landdroshof in Bloemfontein op aanklagte van kindermishandeling verskyn, waar die saak tot 12 Oktober 2023 uitgestel is. Sy bly in aanhouding. 

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.