Central SA
Dodetal in N6-ongeluk tussen Reddersburg en Bloemfontein styg tot ses─── KEKELETSO MOSEBETSI 09:28 Wed, 11 Oct 2023
"Nog ’n liggaam is gevind tydens die opruiming van die ongelukstoneel."
Die dodetal in Dinsdag (10/10) se ongeluk op die N6 tussen Reddersburg en Bloemfontein het tot ses gestyg.
Sipho Towa, EMS-woordvoerder, sê nog ’n liggaam is gevind tydens die opruiming van die ongelukstoneel. OFM Nuus het gister berig vyf mense is dood in die botsing reg van voor tussen ’n vragmotor en ’n bakkie. Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen.
Albei voertuie het aan die brand geslaan en die pad was gesluit sodat die brand geblus kon word. Motoriste was aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik. Towa sê die pad is nou oop vir verkeer, maar bestuurders moet versigtig wees as hulle die pad gebruik.
