Central SA
Aanklagte teen drie van Thabo Bester se medebeskuldigdes teruggetrek─── LUCKY NKUYANE 15:36 Wed, 11 Oct 2023
"Ons het deur moeilike tye gegaan, maar ons is dankbaar vir die familie en vriende, en vir die Here, want ons het altyd gebid."
Die aanklagte teen drie van Thabo Bester se medebeskuldigdes is vandag teruggetrek. Nastassja Jansen, Thabang Mier en Moeketsi Ramolula – almal werknemers van G4S.
Mieta Reddels, Nastassja se ma, sê sy is baie bly dat haar dogter vrygespreek is.
Tieho Frans Makhatosa, John "Buti" Motanyane Masukela, Teboho James Lipholo en Senohe Matsoara. Foto: Lucky Nkuyane
"Ons het deur moeilike tye gegaan, maar ons is dankbaar vir die familie en vriende, en vir die Here, want ons het altyd gebid," sê Reddels.
Adrian Janse Van Rensburg, prokureur vir beskuldigde 12 Moeketsi Ramolula, sê die staat het al die aanklagte teen Ramolula teruggetrek, so sy borgtoggeld gaan teruggegee word. Hy is baie verlig en kan nou voortgaan met sy lewe.
Die voormalige G4S-operateur Jansen en die geskorste G4S-amptenare is aangekla van medepligtigheid en hulpverlening sodat Bester uit die Mangaung- korrektiewe sentrum kon ontsnap.
