On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Central SA

Waarskuwing: Donderstorms, swaar reënval in dele van Sentraal-Suid-Afrika verwag

───   TSHEHLA KOTELI 08:28 Thu, 12 Oct 2023

Waarskuwing: Donderstorms, swaar reënval in dele van Sentraal-Suid-Afrika verwag | News Article
Illustrasie: Facebook

“Alle inwoners en padgebruikers word versoek om aandag te gee aan dié waarskuwings.”

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing aan inwoners en motoriste uitgereik en swaar donderstorms en reënval oor dele van Sentraal-Suid-Afrika voorspel.

Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung Metro Munisipaliteit in Bloemfontein, sê die waarskuwing is geldig tot Donderdag (12/10) om 22:00. Die waarskuwing is veral gerig op diegene wat in en deur meeste dele van die Vrystaat, die suidwestelike deel van Noordwes, oostelike deel van die Noord-Kaap en westelike deel van Noordwes reis.


Khedama het dit herhaal: “Toestande wat gunstig is vir die ontwikkeling van swaar reënbuie, hael en sterk wind heers oor die oostelike deel van die Noord-Kaap, die westelike deel van  Noordwes  en in die noordooste van die Vrystaat.”

Daar is Woensdag (11/10) gesê die toestande is gunstig vir die ontwikkeling van swaar donderstorms Donderdag, wat moontlike skadelike, sterk wind oor die meeste dele van die Vrystaat en die suidwestelike deel van Noordwes tot gevolg kan hê.

“Alle inwoners en padgebruikers word versoek om aandag te skenk aan dié waarskuwings.”

• Motoriste moet spoed verminder en hoofligte aanskakel.

• Vermy die gebruik van elektroniese toestelle wat aan 'n elektriese aansluiting gekoppel is.

• Moenie skuiling onder bome of elektriese pale soek nie.

• Voetgangers moet versigtig wees wanneer hulle die pad oorsteek.

• Vermy water en kruising van riviere/strome waar water bo jou enkels is.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.