On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Man in Mogwase lewenslank tronk toe vir verkragting

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:34 Fri, 13 Oct 2023

Man in Mogwase lewenslank tronk toe vir verkragting | News Article

"Die streekhof in Mogwase het beslis Thabo William Modibedi (39) mag nooit weer met kinders werk of ’n vuurwapen besit nie."

Die streekhof in Mogwase het Thabo William Modibedi (39) skuldig bevind aan verkragting. Hy mag nie met kinders werk of ’n vuurwapen besit nie. Sy naam is ook op die nasionale register van seksuele oortreders geplaas.

Modibeni het op 21 Oktober 2018 ’n vrou by 'n taverne gevra om saam met hom huis toe te gaan. Sy het geweier. Die beskuldigde het aggressief geraak voor ander mense en haar begin aanrand. Die slagoffer het probeer ontsnap, maar hy het haar ingehaal en haar na sy huis gesleep. Hy kon nie die huis se sleutel kry nie en het haar na een van die plakkershutte gesleep en herhaaldelik verkrag.

Die vrou het ontsnap en bure het haar na die polisie geneem om die verkragting aan te meld. Hy is twee dae later in hegtenis geneem en op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Mogwase is 'n dorp in die Bojanala-distriksmunisipaliteit, Noordwes.

Mogwase is naby Sun City en die Nasionale Pilanesbergpark, twee van die belangrikste toeriste-aantreklikhede in Noordwes.

Henry Mamothame, NVG-woordvoerder, sê Modibedi het skuld ontken. Die staat moes talle uitdagings in die saak die hoof bied. Een van die getuies is doodgeskiet, ander het verhuis en van hulle het nooit by die hof opgedaag nie.

‘Dit was vir die vrou traumaties en sy moes haar hervestig’

“Die destydse staatsaanklaer, adv. Tebogo Mokoka, moes staatmaak op die getuienis van die vrou en die dokter, wat haar ondersoek het. Op 3 Mei 2022 het die besluidgde skuldig bevind en sy borgtog is onmiddellik gekanselleer.”

Mamothame sê die saak is vertraag omdat die verdediging twee keer probeer het dat die voorsittende beampte hom aan die saak onttrek.

Woensdag (11/10) het adv. Sicelo Moselakgomo, staatsaanklaer, ter strafverswaring gesê die hof moenie afwyk van die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange tronkstraf nie omdat die misdaad onmenslik was. 

Landdros Lebogang Raborife het met die staat saamgestem en opgemerk dat dit vir die vrou traumaties was en dat sy haar moes hervestig. Dit was ook vir haar vernederend om nakend hulp by die bure te gaan soek.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.