On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Ozzy, papegaai van Bloemfontein, is skoonveld

───   KAREN VAN DER BERG 10:55 Fri, 13 Oct 2023

Ozzy, papegaai van Bloemfontein, is skoonveld  | News Article
Ozzy is 'n tropiese voël. Foto verskaf

“Ons wil hom asseblief net terughê. As jy my baba in jou huis het, doen die regte ding en bring hom terug.”

’n Gesin van Bloemfontein is desperaat om hul “lieflike papegaai-kind”, Ozzy, terug te kry wat vermoedelik uit hul tuin in Universitasrif gesteel is.

Charné Swanepoel sê sedert Ozzy Dinsdagmiddag weggeraak het, is sy en haar man, Steven, en hul dogter, Bella, in ’n toestand. Hulle kan nie slaap of eet nie. Al waaraan hulle dink, is Ozzy en waar hy hom bevind. Hy het in die agtertuin rondgeloop toe hy weggeraak het.

Hulle het goeie rede om te vermoed dat die waardevolle, tropiese papegaai gesteel is. “Ozzy kan nie vlieg nie. Sy vlerke is geknip. So daar is geen manier wat hy self kon wegvlieg nie.” 

“Ons het hom in 2022 gekry toe hy nog ’n kuiken was en met die hand grootgemaak.” Hy is soos ’n kind in die huis.

Ozzy kan nie vlieg nie, want sy vlerke is geknip. Foto verskaf

Sy sê drie tone aan Ozzy se regterklou is af. “Ons wil hom asseblief net terug hê. As jy my baba in jou huis het, doen die regte ding en bring hom terug.”

OFM Nuus/Karen van der Berg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.