Click on the warning image to view this post
Central SA
Bloemfonteiner gevonnis nadat hy honde byna week in motor los─── HEIDRÈ MALGAS 14:09 Mon, 16 Oct 2023
“Die eienaar, Marco Terblanche, het die honde in die motor gelos nadat hy te veel gedrink het.”
Twee Dachshunds het in 2021 in Bloemfontein gevrek nadat hulle vyf dae in ’n motor gelos was.
Inspekteur Werner Botha van die Bloemfonteinse DBV het ‘n oproep ontvang dat hulle in die motor in Charlesstraat 64 (Ou Munisipale Biblioteek) was. Lede van die publiek het hom ingelig dat die honde sedert 10 Oktober vasgekeer was terwyl dit tussen 30 °C en 35 °C was.

Die Daschunds is in 2021 deur Marco Terblanche vir vyf dae in sy motor gelos. Foto verskaf
Die honde se dood is veroorsaak deur ontwatering en sonsteek. “Die eienaar, Marco Terblanche, het die honde in die motor gelos nadat hy te veel gedrink het,” sê Botha.
Terblanche het beweer hy kon nie onthou waar hy sy motor geparkeer het nie. Botha het ’n saak van dieremishandeling aanhangig gemaak.

Die honde het probeer skuiling vind in die bloedige hitte. Foto verskaf
Die Bloemfontein DBV is tevrede dat die saak suksesvol afgehandel is en Terblanche is op 13 Oktober 2023 gevonnis. Hy is skuldig bevind op vyf aanklagte van dieremishandeling.
“Die hof het Marco Terblanche vir die res van sy lewe ongeskik verklaar om ’n troeteldier te besit. Hy is ook vir 36 maande onder korrektiewe toesig geplaas.” Hy is ook tot ses maande direkte tronkstraf gevonnis wat eers opgeskort sal word as hy al die voorwaardes van die korrektiewe toesig nagekom het. Hy moet ook meer as 300 uur se gemeenskapsdiens doen.
“Ek kan nie dink aan 'n wreder manier om te sterf as om vasgevang te wees in 'n warm voertuig vir dae sonder kos en water nie. Om so stadig dood te gaan moet verskriklik wees,” sê Botha.
OFM Nuus
