On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Gesin se liefling-papegaai dood gevind

───   KAREN VAN DER BERG 13:17 Mon, 16 Oct 2023

Gesin se liefling-papegaai dood gevind | News Article
Ozzy, die geliefde papegaai. Foto verskaf

Die Swanepoel-gesin en al die ander troeteldiere het ’n klein begrafnis vir Ozzy, die papegaai, gehou.

Dit was beslis nie die sprokieseinde waarvoor hulle gehoop het nie, maar nou kan hulle dit ten minste verwerk. So sê ’n emosionele Charné Swanepoel wie se “liefling papegaai-kind”, Ozzy, verlede week uit hulle tuin in Universitas-rif verdwyn het. Die gesin van Bloemfontein het hom die naweek, dood, teruggekry nadat hulle vir ses dae onverpoos na hom gesoek het.

“Een van die mense in ons straat het met Ozzy se vere in sy hand by ons aangekom. Hy het Ozzy reeds ’n paar dae tevore in sy tuin gevind en hom begrawe.” Charné sê hulle het Ozzy gaan haal en in hul eie tuin begrawe. Sy en haar man, Steven, en hul dogter, Bella, en al die ander troeteldiere het ’n klein begrafnis vir hom gehou.

Ozzy is dood gevind nadat hy ses dae vermis was. Foto verskaf

 “Ons wil almal bedank wat ons ondersteun en help soek het. Ons waardeer dit ongelooflik baie.” Charné sê sy het nooit gedink mense kan so saamstaan nie. “Bloemfontein se mense is werklik ongelooflik.”

Sy sê hoewel hulle verpletter is, is hulle dankbaar om te weet waar Ozzy is en dat hy nie iewers mishandel word of in slegte omstandighede is nie. 

OFM Nuus/Karen van der Berg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.