On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Drie vroue-verkeersbeamptes in Vrystaat van korrupsie aangekla

───   ZENANDE MPAME 14:59 Mon, 16 Oct 2023

Drie vroue-verkeersbeamptes in Vrystaat van korrupsie aangekla | News Article
Foto: OFM Nuus

“Wetstoepassers moet weet die Valke hou hulle dop en elke keer as hulle omkoopgeld aanvaar, kan hulle in ’n lokval beland.”

Drie Vrystaatse vroue-verkeersbeamptes is in hegtenis geneem omdat hulle R2 000 geëis het in plaas daarvan om 'n vragmotorbestuurder tussen Hennenman en Kroonstad te beboet.

Mamodiehi Pakiso Nkwinika (43), Mohapa Maggie Motaung (44), en Ditshabako Sefudi (45) is Saterdag (14/10) in hegtenis geneem.

Hulle het Maandag (16/10) in die landdroshof op Kroonstad voorgekom op aanklagte van korrupsie. Borgtog van R1 000 elk is toegestaan en hul saak is tot 10 November uitgestel.

‘Wetstoepassers moet weet die Valke hou hulle dop’

“Hulle het ’n vragmotor in ’n padinspeksie gestop en ’n oënskynlike oortreding van die Padverkeerswet ontdek, maar eerder aangedring op omkoopgeld,” sê Zweli Mohobeleli, Vrystaatse Valke-woordvoerder.

“Die bestuurder het dit aan sy werkgewer gerapporteer en die polisie is in kennis gestel. Dit het gelei tot die inhegtenisneming van die drie vroue. Wetstoepassers moet weet die Valke hou hulle dop en elke keer as hulle omkoopgeld aanvaar, kan hulle in 'n lokval beland.”

Mokgadi Bokaba, Valkehoof in die Vrystaat, het die vragmotoreienaar geloof omdat hy die misdaad aangemeld het.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.