Click on the warning image to view this post
Central SA
Drie verdagtes in Vrystaatse hospitaal opgeneem ná kabeldiefstal─── TSHEHLA KOTELI 09:15 Tue, 17 Oct 2023
"Drie verdagtes is erg beseer terwyl hulle probeer het om belangrike elektriese infrastruktuur te steel en te vandaliseer."
Drie verdagtes is in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein opgeneem nadat hulle deur elektriese infrastruktuur geskok is toe hulle dit na bewering wou gesteel het.
Lele Mamato, Centlec-woordvoerder, sê die drie is Maandag (15/10) ná die ontploffing deur beamptes in die middestad gevind. "Die polisie, mediese nooddienste en Centlec-sekuriteit is in kennis gestel en na die toneel ontbied ná die ontploffing, wat daartoe gelei het dat dié verdagtes vasgetrek is."
Die drie is op die toneel behandel voordat hulle na die Pelonomi-hospitaal geneem is.
‘Alle verdagtes is steeds in die hospitaal’
Die elektrifisering was vermoedelik weens die verdagtes wat 'n kabel probeer sny het. "'n Saak van kwaadwillige skade aan kritieke infrastruktuur is by Parkweg-polisiekantoor geopen en alle verdagtes is steeds in die hospitaal, onder die wakende oog van die polisie."
Mamatu het bygevoeg in 'n afsonderlike voorval is 'n gesamentlike operasie gehou waarby Centlec-sekuriteit, die polisie en belanghebbendes betrokke was om kabel- en elektrisiteitsdiefstal te bekamp, asook die vandalisme van kritieke infrastruktuur in Mangaung.
Dis gehou na aanleiding van 'n standaardinspeksie wat by verskillende skrootmetaalwinkels in Ooseinde uitgevoer is.
’Gepeuter met kragkabels kan dodelike gevolge inhou’
Een verdagte is onlangs in hegtenis geneem weens die besit van gesteelde koperkabel. 'n Waarskuwing is deur die kragvoorsiener gestuur dat ’n gepeuter met elektrisiteitsinfrastruktuur nie net onwettig is nie, maar ook tot lewensverlies en dodelike gevolge kan lei.
Kabeldiefstal het voorheen die Bongani-hospitaal in Welkom sonder elektrisiteit gelaat en die Departement van Gesondheid moes pasiënte onder kritieke sorg na 'n nabygeleë private hospitaal neem. Mondli Mvambi, gesondheidswoordvoerder, het gesê die provinsiale bestuur van die departement is omstreeks 00:39 ingelig dat die hospitaal sonder krag is nadat die elektrisiteitstoevoerkabel gesteel is.
Die bestuur moes dus ’n besluit neem om pasiënte wat onder kritieke sorg was, na nabygeleë privaat hospitale oor te plaas. Hy het verduidelik dat die departement sal aanhou om risikobepalings te doen terwyl hy hand aan hand met belanghebbendes werk om die situasie onder beheer te bring.
