Central SA
Inflasiekoers styg wéér in September─── DANE BEISHEIM 14:44 Wed, 18 Oct 2023
Die inflasiekoers het in September met 0,6 persentasiepunte gestyg.
Vuisvoë verbruikers het nog nie 'n blaaskans van die inflasiekoers gehad nie. Die jaarlikse verbruikersprysinflasie was 5,4% in September vergeleke met 4,8% in Augustus. Dit is styging van 0,6% persentasiepunte.
Marietjie Bennett, direkteur vir prysstatistieke by Statstieke Suid-Afrika, sê brandstofpryse het vir die tweede opeenvolgende maand gestyg. Dié styging van 7,6% tot R24,54 per liter is die hoogste vlak in 13 maande.
Die jaarkoers vir alle kossoorte en niealkoholiese drank het vir die eerste keer in ses maande tot 8,1% gestyg. Vleis, vis, vette en olies, en vrugte toon ook hoër jaarlikse stygings in September.
