Central SA
Wetstoepassers in Noordwes gereed vir feestyd─── KEKELETSO MOSEBETSI 11:51 Thu, 19 Oct 2023
"Meer padblokkades en deursoekings word in die tydperk verwag."
Sello Lehari, LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur in Noordwes, het vandag die veldtog vir ’n veilige feestyd aangekondig.
Die polisie, verkeersbeamptes en ander wetstoepassingsagentskappe is gereed vir die komende feestyd. Meer padblokkades en deursoekings word in die tydperk verwag. Lehari het met die bekendstelling op ’n oop stuk veld oorkant die polisiekantoor in Potchefstroom gesê die veldtog het reeds op 15 Oktober begin en sal 105 dae duur. Hy waarsku dat geen misdaad geduld sal word nie en het die publiek gevra om die wetstoepassingsagentskappe te respekteer.
Die fokus sal wees op die voorkoming van misdade teen kwesbare groepe, die bekamping van gewelddadige rooftogte, insluitende motorkapings, huis- en rooftogte. Dronkbestuurders en jaagduiwels sal ook ’n prioriteit wees. Lehari het beklemtoon dat dit in al die distrikte sal geld.
