On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

‘Ongelooflike atmosfeer’ by Bloemfontein Standard Bank Business Relay – VIDEO, FOTO’S

───   ZENANDE MPAME 09:54 Sat, 21 Oct 2023

‘Ongelooflike atmosfeer’ by Bloemfontein Standard Bank Business Relay – VIDEO, FOTO’S | News Article
Inskrywings vir die Standard Bank Business Relay het met meer as 60% toegeneem teenoor 2022. Foto: Zenande Mpame

“Ons geniet dit dat al die handelsmerke hier is, ook die borge en al die atlete. Die braaivure word nou aangesteek, almal drink ietsie en ons geniet onsself.”

Sowat 600 atlete het in 150 spanne aan die Bloemfontein Standard Bank Business Relay deelgeneem wat vanoggend om 07:00 op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus begin het.


Die organiseerders van die marathon is dankbaar vir al die borge en atlete wat Saterdag oor 16km deelgeneem het. Die voorsitter van die Relay Company, Eslo Coetzee, het die geleentheid en al die betrokkenes geprys. 

Eslo Coetzee, Brandon Jacobs en Arina Engelbrecht. Foto: Zenande Mpame

“Ons geniet dit dat al die handelsmerke hier is, ook die borge en al die atlete. Die braaivure word nou aangesteek, almal drink ietsie en ons geniet onsself. Hier is groot pryse en ons wil almal uitdaag om volgende jaar, op 5 Oktober, hier te wees en dit saam met ons te geniet. Dankie OFM, ons is lief vir julle,” het Coetzee gesê.


Coetzee het gesê die wenspan het op 48 minute ingekom, wat volgens hom supervinnig vir 16 kilometer is.

Inskrywings vir die Standard Bank Business Relay het met meer as 60% toegeneem teenoor 2022. Vir die 140 spanne is daar 12 kategorieë wat insluit onderwys, bankwese, gesondheid en regswese. Elke span bestaan uit vier atlete of stappers wat elk 4 km moet voltooi.

Ongelooflike pryse kan in 12 kategorieë gewen word. Foto: Zenande Mpame

Een van die deelnemers Angel Aranda, van die Life Rosepark-hospitaal, het die atmosfeer as ongelooflik beskryf. Aranda het sedertdien diegene met ’n belangstelling in marathons uitgedaag om aan te sluit by die beplande marathon vir volgende jaar.

"Ons het as die Biter-span deelgeneem – Rosepark se span. Ons is goed, ons het dit só geniet. Die atmosfeer hier is ongelooflik. Ek nooi almal uit om te probeer aansluit, diegene wat dit nie gedoen het nie, het uitgemis,” het Aranda gesê.


Nog ’n hardloper, Duane Snyders van iStore, was binne 22 minute klaar met sy 4km. Hy het gesê hy sien daarna uit om dit volgende jaar te verbeter.

"Ek is nie ’n hardloper nie, maar volgende jaar sal jy my sien – ek sal beter vaar. My tyd was 22 minute en volgende jaar mik ek na onder 20 minute," het Snyders gesê.

OFM Nuus/Zenande Mpame



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.