On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende korrupte verkeersbeampte moet in Vrystaatse hof verskyn

───   LUCKY NKUYANE 09:30 Sun, 22 Oct 2023

Vermeende korrupte verkeersbeampte moet in Vrystaatse hof verskyn | News Article
Die verkeersbeampte het nie geweet die Valke voer ’n steekoperasie uit nie.

“Die beampte het, nadat hy die bestuurder afgetrek en beboet het, voortgegaan om te eis dat die bestuurder hom ’n bedrag van R1200 betaal sodat hy nie die vragmotor skut nie.”

’n 39-jarige Vrystaatse verkeersbeampte sal Maandag (23/10) teregstaan op aanklagte van korrupsie wanneer hy in die Bethlehem-landdroshof verskyn.

Die beampte is Vrydag (20/10) deur lede van die Valke van Bloemfontein en Bethlehem weens beweerde korrupsie in hegtenis geneem.

Die Valke se provinsiale woordvoerder, Fikiswa Matoti, het gesê die beampte is in hegtenis geneem na aanleiding van ’n wenk van die vragmotormaatskappy. Die beampte het glo R1200 geëis nadat hy een van die maatskappy se vragmotorbestuurders afgetrek het.

Die verkeersbeampte het glo R1200 geëis.

“Die inhegtenisneming het gevolg nadat die klaer, wat vragmotors besit, aan die Valke gerapporteer het dat daar ’n verkeersbeampte in Bethlehem is wat sy bestuurders gedurig teister en geld eis.

“Dié verkeersbeampte het na bewering onlangs die klaer se vragmotor vir inspeksie afgetrek en ’n verkeersboete aan die bestuurder uitgereik,” het sy gesê.

“Die beampte het, nadat hy die bestuurder afgetrek en beboet het, voortgegaan om te eis dat die bestuurder hom ’n bedrag van R1200 betaal sodat hy nie die vragmotor skut nie.

Die beampte, wat nie geweet het die Valke voer ’n steekoperasie uit nie, is toe aangekeer terwyl hy die geld in sy voertuig gehad het.

“Die Vrystaatse hoof van die Valke, genl.maj. Mokgadi Bokaba, het sy span geprys vir hul goeie werk en dat hulle die beweegruimte vir korrupte wetstoepassers inperk,” het Matoti gesê.

OFM Nuus/Lucky Nkuyane


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.