Central SA
UV-koorlede pak hul tasse vir Europese koorspele in Swede─── ZENANDE MPAME 14:57 Mon, 23 Oct 2023

“Ek sien uit daarna om die koor op die internasionale verhoog te sien en beskou die spele as ’n geleentheid om uit te brei.”
Die UV-koor sal van 28 Oktober tot 5 November aan die vyfde Europese Koorspele in Norrköping, Swede, deelneem.
Ná 'n keuringsproses wat vereis het dat moontlike koorlede ’n musiekstuk saam met hul onderskeie koorleiers moes bestudeer, is koorlede van al drie kampusse gekies. Die 72 koorsangers vlieg Vrydag na Swede.
“Die koor neem deel in twee kategorieë, gospel en folklore,” sê Werner Stander, UV-koormeester.
“As ons baie goed vaar, kan ons deurdring tot die Grand Prix. Dit is ’n groot hoogtepunt vir ons en dit is die eerste keer in 15 jaar dat ons aan hierdie wonderlike geleentheid kan deelneem,” sê hy.
Die koor het Vrydag (20/10) ’n konsert by die Odeion-ouditorium op die Bloemfontein-kampus vir die personeel en studente gehou.