On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Wetenskaplaboratorium in Thabong geskenk om passie aan te wakker

───   ZENANDE MPAME 13:17 Tue, 24 Oct 2023

Wetenskaplaboratorium in Thabong geskenk om passie aan te wakker | News Article
’n Volledig opgeknapte wetenskaplaboratorium is aan die Leseding Tegniese Sekondêre Skool in Welkom geskenk. Foto: Leseding Tegniese Sekondêre Skool/Facebook

“Hierdie geleentheid is ’n belangrike mylpaal in ons reis na die bevordering van wetenskap-nuuskierigheid en uitnemendheid onder ons studente.”

’n Volledig opgeknapte wetenskaplaboratorium is verlede week geskenk aan die Leseding Secondary Technical School in Thabong, Welkom.

Makalo Mohale, LUR vir onderwys, het Harmony Gold Mining bygestaan tydens die oorhandiging van die laboratorium aan die skool.

Makalo Mohale. LUR vir onderwys, spreek leerders toe by die oorhandiging van die laboratorium. Foto: Leseding Secondary Technical School/Facebook

"Hierdie laboratorium sal 'n gevoel van verwondering kweek en 'n passie vir wetenskaplike ondersoek aanwakker by elke leerder wat dit binnestap," sê Francois Janse van Rensburg. streekhoofbestuurder by Harmony Gold Mining.

“In die verlede was wetenskap net teorie, maar die Vrystaatse regering het deur strategiese vennootskappe verseker dat ons die standaard verbeter en praktieser maak sodat ons ons leerders 'n beter begrip bied van vakinhoud.”  

Leerders  is trots op hul nuwe wetenskaplaboratorium. Foto: Leseding Secondary Technical School/Facebook

Deur sy portefeulje korporatiewe maatskaplike beleggings ondersteun die myn verskeie gemeenskappe in Lejweleputswa op die gebied van onderwys, gesondheid, sport, kuns en kultuur en dit is een van sy projekte.

OFM News/ Zenande Mpame

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.