Central SA
Vrystaatse Energiesekuriteit-indaba by PACOFS gehou─── ZENANDE MPAME 12:30 Thu, 26 Oct 2023
"Ons sal 'n indaba aanbied om te ondersoek hoe ons kan bydra tot die land se energie en sekuriteit, asook hoe ons ekonomiese groei kan stimuleer om werkgeleenthede te skep."
Vrystaatse premier Mxolisi Dukwana het bekend gemaak dat die indaba Donderdag (2/11) by PACOFS, Bloemfontein, gehou sal word. Die tema is “Powering the Future” en dit sal om 07:30 begin.
"Ons sal 'n indaba aanbied om te ondersoek hoe ons kan bydra tot die land se energie en sekuriteit, asook hoe ons ekonomiese groei kan stimuleer om werkgeleenthede te skep."
Ses premiers het bevestig dat hulle die indaba sal bywoon om interprovinsiale samewerking aan te moedig en te bevorder.
Hulle is Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap, Nomusa Dube Ncube, premier van KwaZulu-Natal, Nono Maloyi, waarnemende premier van Noordwes, en Refilwe Mtshweni-Tsipane, premier van Mpumalanga.

Premier Mxolisi Dukwana spreek die media toe by die O.R Tambo-gebou. Foto: Vrystaat provinsiale regering/Facebook
OFM-nuus het vroeër berig die premier het ’n media-inligtingsessie gehou om die gereedheid vir die indaba te bespreek.
Meer as 500 afgevaardigdes van die energiesektor insluitend kundiges, akademici, beleidmakers en moontlike beleggers sal die eendaagse indaba bywoon.
“Behalwe dat dit as ’n platform vir bespreking, uitruiling van kennis en advies dien sal dit ook gebruik word vir samewerking en wedersydse optrede in energiesekuriteitsake in die Vrystaat,” sê Dukwana.
