On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Mensehandelaar van Nigerië se saak in Kimberley uitgestel

───   HEIDRÈ MALGAS 15:04 Thu, 26 Oct 2023

Mensehandelaar van Nigerië se saak in Kimberley uitgestel  | News Article
Foto: Verskaf

Die saak teen die onwettige immigrant, Adeyefe Adeyefa Adedamola Adetoye (38) van Nigerië, wat twee vroue na bewering ontvoer en hulle as sekswerkers in Kimberley aangehou het, is uitgestel tot Dinsdag (30/10) vir moontlike borgaansoek.

Die saak teen Adeyefa Adedamola Adetoye (38) van Nigerië wat twee vroue vroeër vandeesmaand na bewering ontvoer en hulle as sekswerkers in Kimberley aangehou het, is tot 30 Oktober uitgestel. 

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê die onwettige immigrant bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning.

Fawzia Rhoda, provinisiale voorsitter van die DA-Vrouenetwerk, sê die DA het sy ondersteuning vir die slagoffers van mensehandel en geslagsgeweld getoon met hul teenwoordigheid buite die landdroshof in Kimberley.

‘Mensehandel gebeur in ’n omgewing waar mense desperaat werk soek’

"As ouers, tannies, ooms en oupagrootjies vind ons dit absoluut afgryslik dat hierdie gruwelike daad van mensehandel so naby aan ons gebeur. Jy wil nie dink dat jou tuisdorp ’n veilige hawe vir menshandelaars is nie.”

Sy sê ons moet erken mensehandel gebeur in ’n omgewing waar mense desperaat werk soek. Dit maak dit makliker vir mensehandelaars om jong mense met leë beloftes van werk uit hul huis lok, net om hulle  gevange te hou en hulle as seksslawe te verkoop.

“Ons moet jong mense leer oor die metodes wat georganiseerde misdaadkartelle en mensehandelaars gebruik. Ons moet hulle leer om versigtig en oplettend te wees veral wanneer hulle aanlyn met vreemdelinge kommunikeer,” sê Rhoda. Dit beteken almal moet saamwerk in die samelewing deur te sê genoeg is genoeg.

OFM Nuus/ Heidrè Malgas

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.