On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kroonstad staan bankvas agter dapper kleuter (5) met bloedkanker

───   HEIDRÈ MALGAS 08:30 Fri, 27 Oct 2023

Kroonstad staan bankvas agter dapper kleuter (5) met bloedkanker | News Article
Ilya van den Berg (5) van Kroonstad. Foto verskaf

“Ilya het haar af dae maar sy is een dapper muis.”

Leukemia is verlede week by Ilya van den Berg (5) van Kroonstad gediagnoseer nadat sy dokter toe is weens die kindersiekte bekend as pampoentjies.

Haar ma, Zuna-Marie van den Berg, sê llya gaan vir ’n maand behandeling ontvang by die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein.

Seugnet Oelofse, die eienaar van The Growing Tree waar Ilya skoolgaan, het bygevoeg dat haar familie gebroke is maar hulle staan baie sterk in hulle geloof en glo dat Ilya eendag ‘n groot getuienis kan lewer.

Oelofse sê Ilya het gister met ‘n ligte dosis begin en sy is emosioneel en wil net weet wanneer sy kan huis toe gaan. “Ilya het haar af dae maar sy is een dapper muis,” het Oelofse bygevoeg.

Zuna-Marie vertel Ilya se kanker het baie vinnig gekom. Haar simptome was moegheid, sy was ook koorsig en bleek.

Verder sê Oelofse Ilya se familie se grondslag is baie sterk, met familie en vriende wat hulle ondersteun. “Die ondersteuning en hulp is merkwaardig van almal in Kroonstad,” voeg Oelofse by.

Die gemeenskap het hande gevat om onkostes te dek. Enigiemand wat ‘n donasie wil maak, kan Oelofse op 082-699-1070 kontak.

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.