Central SA
Noordwes-betogers ontwrig matriekeksamen─── LUCKY NKUYANE 08:35 Tue, 31 Oct 2023

Die 2023 finale matriekeksamen in Noordwes is deur woedende betogers ontwrig.
Daar word beweer dat ontevrede inwoners van ’n dorpie naby Mahikeng die paaie versper het en dat dit die verspreiding van matriekvraestelle beïnvloed het. Altesaam 46 395 matriekleerlinge was veronderstel om Maandag (30/10) Engels Vraestel 1 in 448 eksamensentrums te skryf.
Die woordvoerder van die Departement van Onderwys in Noordwes, Mphata Molokwane, het gesê LUR Viola Motsumi het die versperring van paaie deur Makgori-inwoners veroordeel. Die woedende gemeenskap eis toilette en het besluit om die paaie te sluit.
Molokwane het gesê die betoging het die verspreiding van vraestelle aan vier sekondêre skole beïnvloed. Die vraestelle is egter uiteindelik afgelewer en leerlinge kon hul eksamen skryf nadat die polisie ingegryp het.
This barbaric act, deliberately setting pupils back, aggrieved the North West MEC for Education Viola Motsumi. https://t.co/qxysCbOMEu
— OFM News (@OFMNuus) August 28, 2023
Die versperring van die paaie het die verspreiding van vraestelle na die volgende vier skole beïnvloed: Ntsidi, Kagiso Barolong, Mothusi Marumula en Mothibinyana. Motsumi het sedertdien ’n pleidooi aan die polisie gerig om enigiemand in hegtenis te neem wat die skryf van die eksamen belemmer.
"Ek wil die versperring van die paaie in die Makgori Village ten sterkste veroordeel. Sulke dade frustreer en verwar ons graad 12-leerders.
"Ek doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiedienste om enigiemand in hegtenis te neem wat die skryf van die eksamen ontwrig. Ons is moeg vir mense wat ons leerders gebruik om hul skandelike doelwitte te bereik."