On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Mensehandelaar van Nigerië se saak in Kimberley weer uitgestel

───   HEIDRÈ MALGAS 14:37 Tue, 31 Oct 2023

Mensehandelaar van Nigerië se saak in Kimberley weer uitgestel | News Article
Adeyefa Adedamola Adetoye (38). Foto verskaf

“Die staat sal waarskynlik die borgtogaansoek teenstaan weens die ernstige aanklagte teen die beskuldigde.”

Die saak teen Adeyefa Adedamola Adetoye (38) van Nigerië is vandag weer in die landdroshof in Kimberley uitgestel. Dit volg nadat hy twee vroue na bewering ontvoer en hulle as sekswerkers in ’n hotel aangehou het.

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê die saak is tot 3 November uitgestel sodat die staat ‘n geskikte datum kan kry vir ‘n formele borgtogaansoek. Adetoye sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning. Senokoatsane sê die staat sal waarskynlik die borgtogaansoek teenstaan weens die ernstige aanklagte teen die beskuldigde. 

Hy word aangekla van mensehandel, aanranding, verkragting, dwelmbesit en omdat hy onwettig in die land is. 

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.