Central SA
Mensehandelaar van Nigerië se saak in Kimberley weer uitgestel─── HEIDRÈ MALGAS 14:37 Tue, 31 Oct 2023
“Die staat sal waarskynlik die borgtogaansoek teenstaan weens die ernstige aanklagte teen die beskuldigde.”
Die saak teen Adeyefa Adedamola Adetoye (38) van Nigerië is vandag weer in die landdroshof in Kimberley uitgestel. Dit volg nadat hy twee vroue na bewering ontvoer en hulle as sekswerkers in ’n hotel aangehou het.
Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê die saak is tot 3 November uitgestel sodat die staat ‘n geskikte datum kan kry vir ‘n formele borgtogaansoek. Adetoye sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning. Senokoatsane sê die staat sal waarskynlik die borgtogaansoek teenstaan weens die ernstige aanklagte teen die beskuldigde.
Hy word aangekla van mensehandel, aanranding, verkragting, dwelmbesit en omdat hy onwettig in die land is.
OFM Nuus
