On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaters dring daarop aan om ook Web Ellis-trofee te sien

───   HEIDRÈ MALGAS 11:31 Wed, 01 Nov 2023

Vrystaters dring daarop aan om ook Web Ellis-trofee te sien  | News Article
Dennis Bloem, woordvoerder vir die Aktiviste en Burgerforum. Foto verskaf

“In 2019 is die Vrystaat deur Saru uitgesluit. Hierdie keer eis ons dat die oorwinningsbus deur die Vrystaat toer.”

Die Springbokke se vierdaagse toer met die Web Ellis-trofee deur die land gaan weer nie die Vrystaat insluit nie. Vrystaters is baie ongelukkig omdat dit die tuiste van twee Springbokke is – Ox Nche en Bongi Mbonambi.

Dennis Bloem, gewese Cope-parlementslid, sê die Vrystaters sal hierdie keer geen verskoning van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) aanvaar as die Springbok-trofeetoer nie die Vrystaat insluit nie.

Dennis Bloem. Foto: Facebook

“In 2019 is die Vrystaat deur Saru uitgesluit. Hierdie keer eis ons dat die oorwinningsbus deur die Vrystaat toer – veral die tuisdorpe van twee van die Springbok-helde. Thaba Nchu is die tuisdorp van Ox Nche en Bethlehem dié van Bongi Mbonambi. Dié dorpe verdien om die Webb Ellis-trofee te sien.”  

Hy sê Nche en Mbonambi het hul hart uitgespeel om te help om die Wêreldbeker te wen. Die hele Vrystaat is baie trots op die Springbokke en ons wil deel wees van die viering.

SA Rugby sê die toer  begin Donderdag (2/11) in Pretoria, Johannesburg en Soweto en eindig by die FNB-stadion. Vrydag is dit Kaapstad se beurt en Saterdag Durban voordat dit Sondag in die Oos-Kaap eindig. 

Daar is op Pretoria, Johannesburg en Soweto besluit vanweë die bevolkingsgrootte, terwyl die Oos-Kaap gekies is vanweë sy rugbybelangrikheid.

In 2024 sal satelliettoere gereël word na Bloemfontein, Nelson Mandelabaai en ander sentrums, wat aanvanklik beplan is ná die 2019-oorwinning maar weens die Covid-19-pandemie gekanselleer moes word. 

Die Aktiviste en Burgerforum is nie ’n politieke party nie, dit is ’n burgerlike beweging wat gevorm is deur pastore en dié nie-regeringsorganisasie sonder winsbejag.

OFM Nuus/Heidré Malgas Daphné/Corné/

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.