On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende verkragter van Ladybrand bly in aanhouding

───   ZENANDE MPAME 11:43 Wed, 01 Nov 2023

Vermeende verkragter van Ladybrand bly in aanhouding | News Article
Foto: iStock

“Hy het haar in die huis toegesluit totdat ander mense op die plaas haar kom red het.”

’n Man wat daarvan aangekla word dat hy ’n 17-jarige meisie op ’n plaas in die distrik Ladybrand verkrag het, bly in aanhouding nadat hy Dinsdag (31/10) in die landdroshof verskyn het.

Paulus Ramatobo (52) sal weer Maandag (6/11) in die hof verskyn. Hy het na bewering die meisie in sy huis verkrag en toegesluit. Ramatobo het die meisie op Sondag (29/10) omstreeks 03:10 gesien toe sy buite gestaan en rook het nadat sy by ’n vriend se huis gedrink het. Hy en sy woon albei op dieselfde plaas.

‘Sy is later deur ander mense op die plaas gered’

Hy het haar gebel en sy is na sy woonplek waar hy haar verkrag en binne sy huis toegesluit het. Sy is later deur ander mense op die plaas gered. 

Sy het haar ma van die verkragting vertel en hulle het ’n saak by die polisie aanhangig gemaak. Die polisie het Ramotoba op die plaas in hegtenis geneem.

OFM Nuus/Zenande Mpame Daphné/Corné/Morné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.