On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

UV-koor wen goue medalje by Grand Prix of Nations in Swede

───   ZENANDE MPAME 14:54 Wed, 01 Nov 2023

UV-koor wen goue medalje by Grand Prix of Nations in Swede | News Article
Foto: Verskaf

“Ons het so goed gevaar in ons tradisionele musiek-kategorie, ons het deurgegaan na die Grand Prix-afdeling om teen al die Europese kore mee te ding.”

’n Gesogte geleentheid het die Universiteit van die Vrystaat se koor in die 5de Europese Koorspele in Norrköping, Swede, te beurt geval ná hul optrede in die ope kompetisie.

“Ons was so bly om deur te gaan na die Grand Prix. Ons het aanvanklik die ope kategorie betree wat vir nuwelinge is. Ons het so goed daarin gevaar dat ons deurgedring het na die Grand Prix om met al die kore mee te ding,” Werner Stander, UV-koormeester. 

Die koor het sewe internasionale beoordelaars betower. Foto verskaf

OFM Nuus het vroeër berig die koor gaan in twee kategorieë, gospel en tradisionele musiek, deelneem.

“Ons het ’n goue medalje by die Grand Prix ontvang met ’n paneel van sewe beoordelaars van oor die wêreld heen wat 87,25% aan ons toegeken het. Ons is so bly en trots op die UV-koor,” sê Stander.


Die 5de Europese Koorspele eindig Sondag in Swede. 

OFM News/Zenande Mpame Corné DaphneCorné/

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.