On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Inwoners van Lichtenburg dae lank sonder krag

───   KEKELETSO MOSEBETSI 10:43 Thu, 02 Nov 2023

Inwoners van Lichtenburg dae lank sonder krag | News Article
Residents of Ditsobotla in North West have been without electricity for days.

“Ons werk onverpoosd daaraan om die kragtoevoer na die hele dorp te herstel.”

Inwoners van Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes sit al dae lank sonder krag en steeds is daar geen lig aan die einde van die tonnel nie.

Saterdag (28/10) het vier panele van Lichtenburg se hoofsubstasie ontplof toe die munisipaliteit besig was om die foutiewe mini-substasie in 12de Laan weer aan te skakel en die kragtoevoer na 8ste tot 13de Laan en Blydeville te probeer herstel.

Pius Batsile, munisipale woordvoerder, het gesê die kragtoevoer is Woensdag (1/11) van 8ste tot 12de Laan herstel nadat 'n nuwe kabel vanaf die hoofsubstasie na die 12de Laan-mini-substasie aangebring is.

‘Inwoners moenie kraghonger toestelle gebruik nie’

Gebiede soos 13de Laan, 14de Laan, Danie Smutslaan en Blydeville Uitbreiding 3, insluitend Agrico Sederpark, sit egter steeds in die donker. Batsile sê die munisipaliteit werk dag en nag om te verseker dat elektrisiteit in alle geaffekteerde gebiede herstel word. Hy het alle inwoners gemaan om nie kraghonger toestelle te gebruik nie aangesien die hoofsubstasie tans nie 'n swaar las kan dra nie.

“Neem asseblief kennis dat sommige gebiede eers elektrisiteit sal ontvang sodra al die panele deur die munisipaliteit geïnstalleer is. Ons werk onverpoosd daaraan om die kragtoevoer na die hele dorp te normaliseer. Ons doen dus 'n beroep op verbruikers om op hierdie tydstip geduldig te wees.”

OFM News/Kekeletso Mosebetsi Corné Daphné, Morné (vertaal)

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.