On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

SANW waarsku teen onwettige gebruik van gepatenteerde kamoeflering

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:45 Fri, 03 Nov 2023

SANW waarsku teen onwettige gebruik van gepatenteerde kamoeflering | News Article
Die weermag sal stappe doen teen enigiemand wat in besit van die SANW se materiaal gevind word.

“Enige persoon wat sonder magtiging voorgeskrewe uniforms, kenmerkende tekens, helmtekens besit of dra, kan beboet word of gevangenisstraf van hoogstens vyf jaar opgelê word.”

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het onderneem om op te tree teen burgerlikes wat gepatenteerde kamoeflering gebruik.

Die weermag het kommer uitgespreek oor ’n video wat op sosialemediaplatforms sirkuleer wat ’n persoon uitbeeld wat ’n SANW-uniform stik. Die SANW se hoof van kommunikasie, Siphiwe Dlamini, het bevestig die persoon wat op die video gesien word, is nie ’n weermaglid nie en is nie gemagtig om SANW gepatenteerde kamofleermateriaal in sy besit te hê nie.

Dlamini het die voorval veroordeel en gesê die weermag sal stappe doen teen enigiemand wat in besit van die SANW se materiaal gevind word.

“Enige persoon wat sonder magtiging voorgeskrewe uniforms, kenmerkende tekens, helmtekens besit of dra, of enige verbode handeling verrig terwyl hy sodanige uniform dra of saam met iemand handel wat sodanige uniform dra, is skuldig aan ’n misdryf en kan beboet word of gevangenisstraf van hoogstens vyf jaar opgelê word.”

Dlamini het die publiek en vervaardigers verder gewaarsku teen die verkoop of hergebruik van enige SANW-materiaal, tensy geregistreer of gemagtig om dit te doen.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi Corné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.