Central SA
Vrystaatse seksoortreder kry 8 400 jaar tronkstraf vir kinderpornografie─── 12:54 Fri, 03 Nov 2023

’n Enkele vingerafdruk op ’n foto het tot sy inhegtenisneming gelei.
’n Man van Welkom wat jong seuns met rekenaarspeletjies na sy huis gelok het, is die afgelope week tot 8 400 jaar tronkstraf gevonnis vir 1 007 aanklagte wat verband hou met die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.
’n Meer onlangse foto van Mario Guisti. Foto verskaf
Mario Guisti (36), ’n rekenaarprogrammeerder, is in die hooggeregshof in Bloemfontein ook aan twee aanklagte van die verkragting van minderjarige seuns en een van mensehandel skuldig bevind.
’n Enkele vingerafdruk op ’n foto wat in 2022 deur ’n gesoute speurder opgemerk is, het mettertyd tot Guisti se inhegtenisneming gelei.
Interpol ondersoek kinderpornografie op donkerweb
Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê Interpol het begin ondersoek instel nadat Guisti kinderpornografie op die sogenaamde donkerweb gelaai het. “Lede van die Vrystaatse reeks- en elektroniese misdaadondersoekeenheid, ’n gespesialiseerde afdeling binne die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, het onverpoos gewerk om die inligting te ontleed wat van Interpol ontvang is.”
“Hulle het eers net foto’s van Interpol ontvang. ’n Speurder het ’n vingerafdruk op een van die betrokke foto’s gesien en hulle kon die verdagte identifiseer.”
Volgens The Legal Reporter is Guisti in Augustus 2022 in Welkom in hegtenis geneem en beslag is gelê op sy elektroniese toerusting vir ontleding.
‘Die ouers van sy slagoffers het hom vertrou’
“Hy het seuns van agt tot tien jaar met rekenaarspeletjies gelok. Die ouers van die slagoffers het hom vertrou en die kinders toegelaat om by sy huis oor te bly en gedink hulle speel speletjies. Hy het selfs een van die slagoffers gekry om al die pad van Durban na hom toe te kom en maande lank by hom te bly.”
Earle sê Guisti se naam sal in die nasionale register van seksuele oortreders aangeteken word. Hy sal nooit toegelaat word om met kinders te werk nie.
OFM Nuus/Christine van der Westhuizen CornéDaphné
- LifeLine Southern Africa
- National counselling line: 0861-322-322
- Stop Gender Violence helpline: 0800-150-150
Childline South Africa
- 24-hour toll-free helpline: 08000 55 555
- Website: www.childline.org.za
Child Welfare South Africa
Report neglect or abuse of a child: 0861 4 CHILD (24453)
- National: (011) 452-4110
- E-mail: info@childwelfaresa.org.za
- Website: www.childwelfaresa.org.za
Police Child Protection Units
- Emergency number: 10111
- Crime Stop: 08600 10111
- Report cases of child abuse for police investigation: childprotect@saps.org.za
- Website: FCS Unit
People Opposed to Woman Abuse (Powa)
- Helpline: 083 765 1235
- www.powa.co.za
Stop Gender Abuse
- Toll-free helpline: 0800 150 150
Rape Crisis
- Website: www.rapecrisis.org.za
Speak Out
Rape emergency information, services, advice, links. Non-governmental organisation.
- Website: www.speakout.org.za
- Website: www.mariestopes.org.za